Trans man

Die Amerikaanse voormalige basketbalspeler Kye Allums, die eerste openlik transgender NCAA Division I-universiteitsatleet.
Die bekroonde akteur Brian Michael Smith.

'n Trans man of transgender man is 'n man wie se geslag by geboorte as vroulik bepaal is. Die etiket transgender man is nie altyd afwisselbaar met dié van transseksuele man nie, hoewel hulle dikwels so gebruik word. "Transgender" is 'n sambreelterm wat verskillende soorte mense met 'n "ander" binêre oriëntasie (insluitende transseksuele mense) insluit. Trans mans identifiseer hulle as manlik en baie ondergaan chirurgie of hormoonterapie, of albei, om hulle voorkoms so te verander dat dit pas by hulle genderidentiteit of dat dit genderdisforie verlig.[1]

Hoewel dit lyk asof die meeste trans mans hulle as heteroseksueel beskou, en dus tot vroue aangetrokke voel,[2][3] kan hulle nes cisgender mans enige seksuele oriëntasie of seksuele identiteit hê. Sommige beskou konvensionele etikette van seksuele oriëntasie ontoereikend of ontoepaslik op hulle, en van hulle gebruik dan etikette soos "queer".[4]

  1. Bariola, Emily; Lyons, Anthony; Leonard, William; Pitts, Marian; Badcock, Paul; Couch, Murray (Oktober 2015). "Demographic and Psychosocial Factors Associated With Psychological Distress and Resilience Among Transgender Individuals". American Journal of Public Health. 105 (10): 2108–2116. doi:10.2105/AJPH.2015.302763. PMC 4566567. PMID 26270284.
  2. Shankle, Michael (2013). The Handbook of Lesbian, Gay, Bisexual, and Transgender Public Health: A Practitioner's Guide to Service. Routledge. p. 175. ISBN 978-1-136-57355-2. Besoek op 10 Januarie 2016.
  3. Binik, Yitzchak M.; Hall, Kathryn S. K. (2014). Principles and Practice of Sex Therapy, Fifth Edition. Guilford Publications. p. 252. ISBN 978-1-4625-1389-5. Besoek op 10 Januarie 2016.
  4. Bockting, Walter; Benner, Autumn; Coleman, Eli (28 Maart 2009). "Gay and Bisexual Identity Development Among Female-to-Male Transsexuals in North America: Emergence of a Transgender Sexuality". Archives of Sexual Behavior. 38 (5): 688–701. doi:10.1007/s10508-009-9489-3. PMID 19330439. S2CID 27207925.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne